Moskwa (skip)


Moskwa gesien vanuit die lug 2012
Loopbaan SowjetvlootRussiese Vloot
Bestel:
Neergelê: 1976
Tewaterlating: 1979
Indiensstelling: 30 Januarie 1983
Lot: Gesink op 14 April 2022
Algemene Eienskappe
Verplasing: 12 490 t
Lengte: 186,4 m (611 ft 7 in)
Breedte: 20.8 m
Diepgang: 8.4 m
Aandrywing: 4 COGOG gas turbines, 2 aste 121,000 shp (90,230 kW)
Spoed: 32 knope
Reikafstand: 7 200 km teen 10 knope (12 km/h)
Bemanning: 510 [1]
Bewapening: *16 × P-500 Bazalt of P-1000 Vulkan anti-skipmissiele
  • 8 × 8 (64) S-300 (missiele) (S-300F) Fort (SA-N-6 Grumble) lang afstand grond tot lug missiele
  • 2 × 20 (40) 9K33 OSA (OSA-MA) (SA-N-4 Gecko) SR SAM
  • 1 × dubbel AK-130 130mm/L70 kanon
  • 6 × AK-630 naby wapenstelsel
  • 2 × RBU-6000 anti-duikboot mortier
  • 10 × (2 quin) 533mm torpedobuise

Moskwa (Russies: Москва, lit. 'Moskou'), voorheen Slawa (Russies: Слава, lit. 'Glorie'), is 'n geleide missielkruiser van die Russiese Vloot. Sy was die hoofskip van die Projek 1164 Atlant-klas en is na die stad Moskou vernoem. Dit was die vlagskip van die Russiese Swartseevloot.[2][3] en het gehelp om die vlootaanval te lei tydens die 2022 Russiese inval in die Oekraïne.[4][5] Met 'n bemanning van 510 was sy die kragtigste oppervlakvaartuig in die streek.[6]

Op 13 April 2022 het twee Oekraïense amptenare gesê dat Moskwa deur Oekraïense R-360 Neptune-teenskipmissiele getref is en in onstuimige see aan die brand was. Die Russiese Ministerie van Verdediging het gesê die skip is ernstig beskadig nadat 'n brand 'n ammunisie-ontploffing veroorsaak het, sonder enige verwysing na 'n Oekraïense aanval. Die volgende dag, na 'n poging om dit aan wal te sleep, het Russiese amptenare bevestig dat die skip gesink het.[7]

  1. "Russian warship Moskva: What do we know?". BBC News. 14 April 2022. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2022. Besoek op 14 April 2022.
  2. Ljunggren, David (13 April 2022). "Russia says ammunition blast damages flagship of Black Sea fleet - Interfax". Reuters.
  3. Cruiser Moskva retains buoyancy, explosions of ammunition stopped — Defense Ministry 14 April 2022, tass.com, besoek 14 April 2022
  4. Ljunggren, David (13 April 2022). "Russia says ammunition blast damages flagship of Black Sea fleet – Interfax". Reuters. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2022. Besoek op 14 April 2022.
  5. Cruiser Moskva retains buoyancy, explosions of ammunition stopped — Defense Ministry 14 April 2022, tass.com, besoek 14 April 2022
  6. "Russian warship Moskva has sunk – state media". BBC News. 14 April 2022. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2022. Besoek op 14 April 2022.
  7. Pjotr Sauer; Julian Borger (14 April 2022). "Russia says Moskva cruiser has sunk after reported Ukrainian missile strike". The Guardian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2022. Besoek op 14 April 2022.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search